SEAA Construction streef daarna om deur gehalte konstruksievaardighede en bestuursvernuf uitstekende konstruksieprojekte – van klein tot groot – betyds af te handel.
Kontak Steven by
0633308696
063 833 4083
- Required Fields
wat ons doen
01.
Bouwerk
Volledige huise, kantore en ander geboue – van beplanning tot voltooiing. Ook aanbouings soos motorhuise, kombuise, stoepe, trappe, opritte, badkamers, heinings en toilette.
Ons spesialiseer verder in die bou van stoepe, afdakke, braaiplekke, swembaddens, visdamme en waterslote.
02.
Teëlwerk
Professionele teël van binne- en buitevloeroppervlaktes met verskillende tipes teëls. Ons doen teëlwerk in badkamers, kombuise, binne- en buitestoepe – of dit nou in huise, op plase of in industriële komplekse is.
Ons spesialiseer ook in die lê van gelamineerde vloeroppervlaktes vir ’n stylvolle en duursame afwerking.
03.
Skrynwerk
Bou van ingeboude kaste, klerekaste, kombuiskaste, rakke, gordynkappe, stoepe, dekke, trappe, opritte, pophuise, boomhuise en jungle gyms.
04.
Installasie & herstelwerk
Installeer en herstel van badkamers, kombuise, warmwatersilinders, storte, buitekrane en waterpompsisteme.
05.
Plaveiselwerk
Voorbereiding van binne- en buiteoppervlaktes – van grondvlak tot voltooide projek. Ons werk met ’n verskeidenheid plaveistene en produkte, en spesialiseer in die plavei van stoepe, huisinrye, parkeerareas en braai-areas.
06.
Skoonmaakdienste
Skoonmaak van huise, kantoorruimtes, fabrieke en ander geboue. Ons bied ook “spring cleaning”-dienste aan vir skole, hospitale, ouetehuise en soortgelyke instellings en besighede.
07.
Rommelverwydering
Geen werk is te groot of te klein nie – ons verwyder alle rommel vinnig en doeltreffend van jou perseel, sodat jy totale gemoedsrus kan hê.
As ‘n vlak 1 BEE-onderneming is dit vir ons belangrik om subkontraktering doeltreffend aan te pak en projekte betyds af te handel.
Waarom Ons Kies
SEAA het jarelange ondervinding in die suksesvolle afhandeling van projekte by sowel groot as klein privaat wonings, infrastruktuur, en bouwerk vir sake- en koöperatiewe ondernemings.
SEAA se Trotse Belofte
- Uitstekende Werk
- Billike Koste
- Doen Self Projekvoorbereiding
- SEAA se wye ondervinding verseker kundigheid
- Eienaar persoonlik by werk spanne betrokke
- Die opstel van realistiese tydraamwerke wat streng nagekom word.
- Opstel van gedetailleerde projekbegrotings
- Volledige BEE-vlak 1
Ons eienaar, Steven Korkee, sal graag ’n afspraak met u reël en vervolgens ’n volledige voorstel en kwotasie opstel en aan u voorsien.
Kliënte het die opsie om self die materiaal aan te koop, of SEAA kan dit namens u aankoop – albei opsies is beskikbaar.
SEAA is gereed om by te staan met die keuse van argitekte, tekenaars en die bestuur van projekte van begin tot einde.
Skakel Vandag
Kontak Steven by
063 330 8696
063 833 4083
WhatsApp Steven op
063 330 8696
063 833 4083
E-pos
steven@seaaconstruction.co.za
Volg ons op
- Required Fields
